HTTP

HTTP (hiperteksoordragprotokol[1]) is ’n protokol wat gebruik word tydens die kommunikasie tussen ’n webkliënt (meestal ’n webblaaier) en ’n webbediener. Die protokol word nie net op die Internet gebruik nie, maar ook op lokale netwerke (ons praat dan van ’n intranet).

Die HTTP-protokol spesifiseer die versoeke (Engels: requests) wat 'n kliënt, byvoorbeeld ’n webblaaier, aan die bediener kan stel asook die antwoorde (Engels: responses) wat ’n webbediener kan terugstuur. Elke versoek bevat ’n URL wat verwys na die webkomponent of ’n statiese objek soos ’n webbladsy wat versoek word.

  1. Viljoen, Hendrik Christo (2005). Kuberwoordeboek (1ste uitg. uitg.). Pretoria: Protea Boekhuis.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne